Maandag 30 Junie 2014

Julie Uitdaging



Môre begin die Julie Uitdaging, maak seker jy is ingeskryf via epos om die Uitdaging se eposse sommer reguit in jou inbox te ontvang, of maak seker dat jy daagliks kom kyk op die blog wat die dag se opdrag is!

Wat het jy nodig? Net jouself, of jy nou ‘n mamma of ‘n pappa is, maak nie saak nie, jy kan dit alleen doen of stuur vir jou wederhelfte om self te kom lees elke dag en doen dit saam as ‘n hegte eenheid, dis jou keuse. Jy het regtig niks meer nodig as wat jy reeds besit nie, as ek iets spesifieks noem wat jy nie het nie, verruil dit vir iets wat jy het (byvoorbeeld as ek sê verf die lug blou en jy het net pienk dan maak jy dit pienk)

Neem foto’s van die dinge wat julle saam doen, daar is ‘n baie spesifieke rede hiervoor – maar ‘n woord van waarskuwing, neem ‘n foto of 2 en sit jou kamera neer, moenie in vervoering raak en duisende foto’s neem en uitmis omdat jy die hele tyd diè perfekte ambiance vir die foto probeer skep nie en as jy met jou foon foto’s neem moet asseblief nie dat jou aandag afgelei word deur ‘n boodskap of die internet nie! 
Elke dag se opdrag gaan die aand voor die tyd teen 9pm opgaan sodat jy jou beplanning vir die volgende dag daar rondom kan doen. 

Die opdragte sal nooit meer as ‘n uur op die meeste elke dag vat nie (tensy julle dit self uitrek) 

Gedurende en aan die einde van die 31 dae uitdaging gaan daar ‘n kompetisie wees, jy wil nie uitmis daarop nie! 

Hoop om jou te sien gedurende die Uitdaging! #31daeuitdaging


Vrydag 20 Junie 2014

Daar is iets op die horison...

Maak seker jy volg ons blog per epos want jy wil nie uitmis op wat voorlê nie!
As jy nog nie doen nie, vul jou epos adres in regs bo!

Ons sal julle op hoogte hou op Facebook en Twitter (@bybelklub) ook, so daar is regtig geen verskoning om uit te mis nie!


If you are English you can go over to our English page here