Woensdag 09 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 10




Donderdag, hoor julle al die naweek roep!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!


Opdrag vir Dag 10: Spesiale aandete!

In ons huis is daar ‘n spesiale aand elke nou en dan waarin ons oudste mag besluit wat ons kry vir aandete, sy mag kies en sy mag help om dit te maak, dis haar gunsteling aand en sy vra gereeld wanneer sy weer mag kies!

Sy kies gewoonlik plaatkoekies, nou nie die gesondste opsie nie, maar dis haar gunsteling en dan mag sy help om die beslag te meng en die plaatkoekies om te draai. Dis vir haar die lekkerste om te help in die kombuis

So vir vanaand moet jou kinders besluit, as jy meer as een het, laat hulle tot ‘n vergelyking kom of gee elkeen ‘n beurt op ‘n ander dag, dan moet hulle (so ver moontlik) in die kombuis help, geniet die tydjie saam met elke kind op sy of haar eie. Leer hulle kombuis vaardighede en vertel hulle stap vir stap wat jy doen.

As jy ouer kinders het, gee vir mamma die nag af en laat jou ouer kind ‘n resep kies, gee vir hulle ‘n begroting om mee te werk, laat hulle self die inkopies doen vir wat nodig is en laat hulle los in die kombuis (met ‘n paar reëls natuurlik) Wie weet, dalk verras hulle jou en dalk lei dit tot ‘n gereelde tradisie!

PS: Onthou om in te skryf vir die kompetisie hier as jy nog nie het nie!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!