Donderdag 10 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 11




Vrydag!! Naweek!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!


Opdrag vir Dag 11: Tradisie aand!

Verlede Vrydag het ons begin met iets wat ‘n gereelde instelling of tradisie gaan word in jou huis en vandag moet julle daarmee aangaan.

Ek het nou al wonderlike boodskappe gekry van julle en ‘n paar baie goeie idees vir wat julle al alles uitgedink het om te doen vir julle tradisie aande.

‘n Vriendin hou elke Vrydag aand ‘n ‘family fun night’ en hulle kies ‘n tema en doen allerhande lekker dinge rondom die tema. Een mamma vertel dat hulle nog besig is om te besluit waaraan hulle almal kan deelneem so hulle probeer eers elke keer ‘n ander aktiwiteit.

In ons huis is dit fliek aand, maar met onlangse gebeure begin ek al meer dink dat daardie TV dalk liewer ‘n ander huis moet gaan soek….

Sal julle op hoogte hou, dalk moet ons ook ‘n nuwe tradisie begin!


PS: Onthou om in te skryf vir die kompetisie hier as jy nog nie het nie!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!