Vrydag 11 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 12




Saterdag, my gunsteling dag van die week! 

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Vandag gaan ons net ietsie lekkers saam doen. 

Opdrag vir Dag 12: Hindernisse! 

Daar is niks wat my kinders so opgewonde kry soos ‘n hindernis baan nie, dit vat baie meer om vir mamma te motiveer! Hou dit eenvoudig en dink aan aktiwiteit wat elkeen in die gesin deel van kan wees, almal wat dit voltooi is ‘n wenner!

Loop soos ‘n krap, spring een beentjie, ry fiets, hardloop om die tafel kombuis toe en terug, kruip onderdeur die stoel, spring op en af, loop op jou hande – net waaraan jy kan dink. As die weer mooi is, doen dit buite maar dis net so maklik om binne te doen. 

Die geheim is om mekaar aan te moedig en te help waar nodig – span bou, want ons gesin is die belangrikste span waaraan ons ooit sal behoort! 

PS: Onthou om in te skryf vir die kompetisie hier as jy nog nie het nie!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!