Saterdag 12 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 13



Sondag. 

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in! 

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 13: Piekniek! 

Soos ons naweek by die see tot ‘n einde kom het ek gedink die beste manier om ons naweek hier mee af te sluit ‘n piekniek op die strand sal wees. 

So vandag, pak ‘n piekniek, dit hoef nie ‘n 5 ster ete te wees nie. As jy kan see toe gaan, ontmoet ons daar, as jy nie naby die see is nie gaan na jou naaste parkie toe, jy kan in jou eie agterplaas piekniek of selfs in jou sitkamer as die weer nie wil saam speel nie.

Maak nie saak presies hoe en waar nie, geniet net julle piekniek en mekaar!

PS: Onthou om in te skryf vir die kompetisie hier as jy nog nie het nie!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!