Maandag, waar is die naweek heen?!
Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!
Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en
vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!
Vandag gaan ons net ietsie
lekkers saam doen.
Opdrag vir Dag 14: Onderstebo!
Verlede Maandag het ek julle vertel dat Maandae
altyd ‘n bietjie mal en dol is en hier by ons, teen die tyd wat die aand nader
kom is ons geduld maar bietjie kort met mekaar. Verlede week het ons gedans om
van daardie blou Maandag gevoel ontslae te raak, maar vandag is Maandag
Onderstebo.
Ek moet krediet gee vir vandag se idee aan ‘n
vriendin by wie ek dit leen. Voor jy vra, ons gaan dit doen net om bietjie laf
te wees, so moenie teveel daaroor na dink nie, soos die Engelse sê “Just do it!”
kondig dit aan vir jou kinders en kyk wat gebeur.
Onderstebo dag, ons gaan agteruit loop, ons gaan
ons poeding eet voor aandete, ons gaan bad voor aandete (of as julle gewoonlik
voor die tyd bad, bad nou na die tyd) ons eet ons aandete onder die tafel, dra
ons klere agterstevoor – geniet dit net!
PS: Onthou
om in te skryf vir die kompetisie hier as jy nog nie het nie!
xxx
Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n
boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of
moeilik vandag se uitdaging vir jou was!
xxx
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!