Dinsdag en ons is basies halfpad
deur die uitdaging! Die tyd vlieg behoorlik en onthou dat die kompetisie môre
sluit (Woensdag 16de om 19:00)
Moenie bekommerd wees as jy
uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!
Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en
vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!
Opdrag vir Dag 15: Briefie in die pos!
Daar is iets spesiaals daaraan om ‘n briefie in die
pos te kry en ons (amper) 5 jarige is amper elke dag in trane as die posman nie
vir haar ietsie in die posbus los nie.
So tydjie terug het ons ‘n punt daarvan gemaak om
elke dag, voor sy opstaan vir haar ‘n briefie in die posbus te sit, dan deur
die dag as sy nie self gaan kyk nie sal ons haar vra om die pos uit te haal en
groot is die opwinding as sy haar eie naam op ‘n koevertjie gewaar.
So vir vandag moet julle ‘n briefie skryf vir
elkeen van julle kinders, jy kan dit vroeg oggend in die posbus gooi en hulle
dit laat uithaal of jy soos hierdie mamma ‘n groot felt koevert aan elkeen van
jou kinders se stoele vasmaak en jou briefie daarin sit.
Hulle hoef regtig nog nie te kan lees om hierdie
saam te geniet nie, net ‘n kort briefie sal daardie kinder hartjies vinniger
laat klop!
PS: Onthou
om in te skryf vir die kompetisie hier as jy nog nie het nie!
xxx
Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n
boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of
moeilik vandag se uitdaging vir jou was!
xxx
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!