Dinsdag 15 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 16




Woensdag.

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 16: Skaduwees!

Verlede week het ons begin om Woensdag aande ons krag af aande te maak, hierdie week kan jy dit weer doen want vanaand as dit donker is gaan ons bietjie met skaduwees speel.

Leer jou kinders hoe om verskillende diere met hulle hande teen die muur te maak, hier is ‘n klomp idees as jy inspirasie nodig het.


Anders, as jy bietjie meer tyd het kan jy ‘n paar van hierdie prentjies uit druk en knip, op ‘n stokkie plak en jou kind toelaat om ‘n skaduwee poppekas vir die gesin op te voer!

DIY Shadow Puppets

PS: Dis jou laaste dag om jou inskrywing vir die kompetisie in te kry! Kliek hier!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!