Woensdag 16 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 17




Donderdag. Amper naweek!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 17: ’n Klein bederf!

Vandag gaan jy jou kinders ietsie gee wat hulle laat voel dat jy deur die loop van die dag aan hulle gedink het. Net ietsie kleins, nie duur nie. Dalk ‘n stokkie lekker of ‘n klein speeldingetjie.

As jy soos ek heeldag by jou kinders is dan is ‘n klein bederfie vir ons om uit te gaan na ‘n koffiewinkel vir ‘n melkskommel en dalk ‘n stukkie koek.

Solank dit nie iets is waaraan hulle gewoond is nie, wat hulle sal sien as ‘n lekker ou bederfie net vir hulle!

PS: Die wenner van die kompetisie is Elize vd Merwe. Baie Geluk! Nuwe kompetisie begin Sondag!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!