Donderdag 17 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 18




Vrydag, kan julle glo dat die naweek alweer hier is!


Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!


Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!



Opdrag vir Dag 18: Tradisie met ‘n ‘twist’!


Oor die laaste paar weke het ons Vrydagaande ‘n nuwe tradisie mee begin, iets waarna ons kinders kan uitsien en vanaand gaan julle aan daarmee.


Maar ons gaan tog ietsie pret doen wat ons nie gewoonlik doen nie en dit is…Ons gaan ‘n fort bou in die sitkamer of sommer onder die eetkamer tafel. As julle avontuurlustig is kan julle sommer as ‘n gesin vanaand in julle fort kamp.


Geniet die opwinding daarvan en die gesiggies wat op helder by die gedagte daarvan en as jy, soos ek, sukkel met die gedagte van die chaos wat daarmee gepaard gaan, onthou dit is net vir een aand maar die herinneringe van vanaand gaan nog vir baie lank bly!



xxx



Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!



xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!