Vrydag 18 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 19




Saterdag, tweede laaste Saterdag van die Uitdaging!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 19: Bak iets!

Vandag se opdrag is baie eenvouding, gaan kombuis toe en bak iets saam!

Of dit nou ouma se soetkoekies, kolwyntjies, koek, dit maak regtig nie saak wat nie. En of jy nou ‘n bo baas bakster is wat alles van meet af self doen en of jy nou vinnig by die winkel in hardloop en net die olie, eier en melk byvoeg dit maak nog minder saak.

Laat jou kinders help, dis seker een van die mees leersaamste aktiwiteite, wiskunde, lewensvaardighede, lees, opgerol in iets soets.

Maar moenie alles in een slag op eet nie, want julle gaan dit môre nodig kry!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!