Dinsdag 01 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 1


Welkom by ons eerste dag!

Ons gaan stadig begin, so hou by en hopelik, teen die einde is jy vol idees van jou eie hoe om jou gesinslewe gelukkiger te maak deur elke dag iets te doen, al is dit hoe klein!

Gaan kyk hier as jy wonder wat jy alles gaan nodig kry om saam hierdie 31 dae uitdaging te doen.

Opdrag vir Dag 1: Glimlag.
Net dit.

Hoekom? As ‘n mamma weet ek baie goed dat ek die toon aangee vir die dag en vir my gesin. As ek opstaan en ‘n grommende brommende beer is gaan dinge sommer met die opstaan slag verkeerd. Al moet ek nou vir myself ‘n grappie vertel voor ek opstaan in die oggend om ‘n glimlag te bekom dan is dit wat ek doen! Om te glimlag laat mens beter voel, vriendeliker voorkom, sagter.

Dis belangrik dat ons kinders ons gelukkig sien, selfs al gaan ons deur ‘n moeilike tyd want niks op aarde het werklik die mag om ons gelukkig te maak nie, dit kom van binne ons en in meeste gevalle is dit ‘n keuse wat ons daagliks maak. So vir vandag glimlag en kies om gelukkig te wees. 

Psalm 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!