Dis Woensdag en dit beteken dis klein Saterdag!
Moenie bekommerd
wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!
Ons dra ons opdrag van gister oor na vandag, so onthou om te
glimlag vandag.
Opdrag vir Dag 2: Dis DRUKKIE dag
As jy al ooit Gary Chapman se boek “5 tale van die liefde”
gelees het sal jy weet dat aanraking sommige mense se liefdes taal is. Dis nie
ek nie! Van die begin van my kinders se lewe af het ek dit ‘n deel gemaak van
ons elke dag omdat ek besef het hoe belangrik dit is.
Deur die dag as die gedagte my tref roep ek ons oudste nader
sonder om te vertel hoekom en gee haar ‘n stywe drukkie, dis moeilik op dae wat
ons in miljoene rigtings getrek word en die gedrag nou nie wat wonders was nie,
maar daardie drukkie beteken meer vir ons altwee as wat ek in duisend woorde
kan beskryf.
So vandag, maak nie saak wat tien minute terug gebeur het of
hoe haastig jy is nie, gaan gee elkeen van jou kinders ‘n drukkie. As dit
ongewoon is in julle gesin, begin met net een drukkie vir die dag. As julle dit
gereeld doen as gesin, werk sommer ‘n ekstra een by!
xxx
Ek
is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos
en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!
xxx
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!