Saterdag 19 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 20




Sondag

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 20: Tee partytjie!

Vandag gaan ons ‘n tee partytjie hou. As die weer lekker is, sit sommer buite op die gras of dek ‘n spesiale tafel vol bederf. As jy seuns het en die gedagte aan ‘n tee partytjie gaan hulle nie opgewonde maak nie, noem dit dan iets anders, maar ons gaan ons kinders bederf met regte melk bekertjies en suiker potjies en tee koppies, as jy ‘n tee pot het ruk dit sommer ook uit en stof dit af!

Ons is baie geneig om ons mooi goed vir ‘n spesiale geleentheid te hou – wel vandag is een van daai geleenthede! Wat julle gister gebak het moet mooi uitgestal word in koek bordjies en as julle alles opgeeet het, maak sommer ‘n paar toebroodjies wat mooi uitgestal kan word!

In ons huis is ons mal oor tee en nog maller oor tee partytjies, dis hoekom ek so opgewonde was toe Carmién vir Dag 20 se opdrag hierdie geskenkpak skenk om weg te gee.

Dit sluit hierdie pragtige glas teepot



En 9 verkillende tee soorte in!



Om in te skryf gaan na ons Facebook bladsy wat jy hier kan vind. Maandag oggend (21 Julie om 7:00am) gaan ek ‘n kompetisie vraag plaas, skryf jou antwoord daarby om deel te wees van die gelukkige trekking wat Sondag 27 Julie om 21:00 plaasvind!

'n Groot woord van dank aan die gawe en super vriendelike mense by Carmién!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!