Sondag 20 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 21




Maandag, kan julle glo, die tweede laaste Maandag van ons Uitdaging!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 21: Simpel Kedimpel!

Tradisioneel doen ons Maandae iets simpels net om ontslae te raak van daardie Maandag blouheid! En vandag is glad nie anders nie!

Vandag gaan ons ‘n Simpel Kedimpel kompetisie hou, ons gaan kyk wie kan die stadigste dans, die vinnigste agter uit hardloop, die langste soos ‘n krap loop. Enige iets, solank dit ‘n paar giggles sal uitlok!

Onthou om vandag (Maandag 21 Julie) op ons Facebook bladsy te gaan kyk, die kompetisie vraag word 7:00 vm geplaas, gaan antwoord, “like” en deel met jou vriende!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!