Maandag 21 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 22




Dinsdag.

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 22: Lees ‘n storie!

In ons huis lees pappa altyd ‘n storie en ‘n Bybel storie voor slaap tyd, dis sy spesiale tydjie alleen saam met sy oudste vir nou, maar binnekort soos wat ons jongste ouer word gaan dit nog ‘n gesinstyd oomblik word.

Onlangs het ons boeke herondek wat ek kan onthou van my eie kinderdae. Dit is vol stories oor goeie karakter en gedrag. Elke dag om 4nm, net na opruim tyd, gaan sit ons en lees ‘n paar van hierdie stories.

Ek is mal daaroor om stories voor te lees wat ‘n dieper betekenis agter het, selfs al voel dit asof my kinders dit nie verstaan nie, lok dit soms baie diep gesprekke uit! So vir vandag, lees ‘n storie, een met betekenis!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!