Dinsdag 22 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 23




Woensdag.

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 23: Aandete gesprekke!

Toe ek nog klein was het ons elke dag middagete saam geëet, dit was ons hoof maaltyd van die dag en ons moes teenwoordig wees met ‘n goeie gesindheid. Dit het moeiliker geword om daarmee vol te hou soos wat ons ouer geword het en ons skedules middagetes daagliks bedreig het, maar dit bly iets waarna ek terug dink met ‘n verlangende hart.

In ons huis het ons nou ‘n aandete tradisie wat ek eenkeer in ‘n fliek gesien het. Ons doen ‘n weergawe van “hoog/laag” waar jy moet deel wat die hoogte- en laagtepunt van jou dag was en almal moet deelneem. Die hoogtepunt bring gewoonlike ‘n glimlag met dit mee en soms breek die laagtepunt my hart, maar dis ‘n daaglikse herinnering van ‘n klein dogtertjie dat sy ons nodig het in haar lewe as haar grootste ondersteuners.

So vir vanaand tydens aandete, begin ‘n gesprek, vra vrae en moedig eerlike antwoorde aan met ‘n gewillige hart.

Hier is ‘n paar vrae vir as julle nie weet waar om te begin nie:

Gunsteling kleur?
Gunsteling plek om te wees in die hele wêreld?
Wat maak jou bang?
Wat maak jou ongelukkig?
Wat maak jou gelukkig?
Wat is jou mees gunsteling ding om te doen?
Gunsteling dier?
Gunsteling deel van vandag?
Slegste deel van vandag?
Wat dink jy moet ons die naweek doen?

En onthou dat mamma en pappa ook moet antwoord!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!