Woensdag 23 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 24





Donderdag, volgende week hierdie tyd is dit die laaste dag van hierdie uitdaging!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 24: Speletjies aand!

Vanaand gaan ons speletjies speel. Haal uit die bord speletjies, die pak kaarte, wat ook al julle het en saam kan doen.

Ons amper 5 jarige wen my die hele tyd met Uno, om nie eers te praat van geheue speletjies nie, my gunsteling is Monopoly, ek wen altyd vir pappa om nie eers te praat van Clue nie!

Dis belangrik om hierdie speletjies met ons kinders te speel, dit mag dalk voor kom as net ‘n speletjie maar dit leer belangrike lewensvaardighede soos om beurte te neem, reĆ«ls te volg, mekaar te ondersteun, dat nie almal elke keer kan wen nie en dat ons met grasie moet verloor ook!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!