Donderdag 24 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 25




Vrydag! Hoe op aarde het dit al Vrydag geword?! Ons laaste Vrydag vir die Uitdaging!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 25: Tradisie aand!

Soos elke Vrydag in die verlede is dit tradisie aand. Dis die aand waarop julle enige iets doen waarop julle besluit het om elke Vrydag te doen.

Dit kan fliek aand wees, “family fun night”, speletjies aand, solank julle iets saam doen as ‘n gesin!

Onthou dat die kompetisie op ons Faceboek bladsy Sondag om 21:00 eindig, die kompetisie hardloop gelyk op ons Engels en Afrikaanse bladsye so jy kan by altwee inskryf om jou naam twee keer in die gelukkige trekking te kry!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!