Vrydag 25 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 26




Saterdag

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 26: Skattejag!

Maak ‘n eenvoudige skattejag vir jou kinders, in die tuin, in die huis of as jy wil sommer oral. Skryf ‘n paar wenk kaartjies wat lei na die volgende leidraad wat op die ou end lei tot ‘n skat.

Maar dink verder as ‘n hoop lekker goed aan die einde. ‘n Groot bederf in ons huis is ‘n nuwe lees boek wat mamma of pappa sommer dadelik moet begin lees, of alles wat nodig is vir ‘n handwerk item wat julle saam gaan maak, ‘n puzzle, net wat dit is wat jou kind as ‘n groot bederf sal sien.

Geniet die soektog en die skat aan die einde wat julle saam gaan aanmekaar slaan of doen!

Onthou dat die kompetisie op ons Faceboek bladsy Sondag om 21:00 eindig, die kompetisie hardloop gelyk op ons Engels en Afrikaanse bladsye so jy kan by altwee inskryf om jou naam twee keer in die gelukkige trekking te kry!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!