Saterdag 26 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 27




Sondag, laaste kans om daardie inskrywings vir die kompetisie in te kry en dit was die laaste naweek van ons uitdaging!

As jy deelgeneem het in meeste van die Uitdaging wil ek graag van jou hoor, ek wil graag ‘n paar blog inskrywings maak wat geskryf is deur mamma (of pappas) wat hulle ervaring van die uitdaging met ons deel. As jy graag een van hierdie blog inskrywings wil skryf en ‘n paar fotos deel laat weet my gerus via epos!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 27: Maak iets!

Ek is nie die mees kreatiefse person wat ek ken nie. Ek kry my inspirasie van Pinterest af of een van die 10 boeke wat hier in ons huis rondlê vol idees en patrone.

Of jy nou kreatief is of nie, soms is dit belangrik vir ons kinders om ons te sien probeer en om te sien dat ons onself kan uitdaag en kan deur druk.

Een dag nie te lank gelede nie het ek twee uile uit vilt gemaak net omdat ek seker was dat ek dit nie sal kan doen nie, wat ons oudste geinspireer het om self die naald en gare op te tel en self die naaimasjien te probeer aanvat.

So vandag, of jy nou gebruik maak van een van daardie doen dit self ‘craft’ items en of julle iets gaan soek aanlyn of in ‘n boek, maak iets, daag jouself uit en sien dit deur!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!