Sondag 27 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 28




Ons laaste Maandag!

As jy deelgeneem het in meeste van die Uitdaging wil ek graag van jou hoor, ek wil graag ‘n paar blog inskrywings maak wat geskryf is deur mamma (of pappas) wat hulle ervaring van die uitdaging met ons deel. As jy graag een van hierdie blog inskrywings wil skryf en ‘n paar fotos deel laat weet my gerus via epos!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 28: Komplimente dag!

Dis Maandag en dit beteken gewoonlik dat ons iets snaaks en onverwags doen en jy kan nogsteeds. Doen iets onverwags en snaaks net om ontslae te raak van daardie blou Maandag gevoel, maar vandag moet jy nog iets doen.

Vandag mag jy niks negatiefs sê oor jou kinders teenoor hulle nie, want as kind het ons geleer dat as jy nie iets mooi oor iemand te sê het nie moet jy liewer stilbly, maar soms dink ons dat dit nie van toepassing is wanneer ons met ons eie kinders praat nie.

Nie net mag jy niks negatief sê nie, maar jy moet dit omdraai in iets positiefs of ‘n kompliment, so in plaas daarvan dat jy sê “Bly net stil!” moet jy iets sê soos “Jy hou daarvan om te praat! En jy vertel die interessantste stories!”

Dis belangrik om nie vasgevang te word in ‘n negatiewe groef nie, ek ken veels te veel ouers wat net glad nie aan iets mooi of positief kan dink om te sê oor die kinders wat hulle eie vlees en bloed is. Daar is iets spesiaals aan elkeen van ons en ons as ouers moet die persoon wees wat ons kinders daaraan herinner, gereeld!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!