Maandag 28 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 29




Dinsdag, nog net 2 dae oor!

As jy deelgeneem het in meeste van die Uitdaging wil ek graag van jou hoor, ek wil graag ‘n paar blog inskrywings maak wat geskryf is deur mamma (of pappas) wat hulle ervaring van die uitdaging met ons deel. As jy graag een van hierdie blog inskrywings wil skryf en ‘n paar fotos deel laat weet my gerus via epos!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 29: Leer ‘n nuwe vaardigheid!

Vandag gaan jy jou kind, of kinders ‘n nuwe vaardigheid leer en jy sal weet wat dit is!

Van die peuter wat wil leer om self knopies vas te maak of die kind wat moet leer om veters vas te maak, ons elkeen het een van daardie vaardighede wat ons lewe makliker sal maak as ons net ‘n slag daarby sal uitkom om dit vir ons kinders te wys en te help leer.

As jy ouer kinders het, leer hulle hoe om hulself in die kombuis te red, pappa kan hulle leer boor of mamma kan hulle leer brei. Jy sal weet wat jy kind die graagste wil leer! Vat die tyd vanaand om dit te doen, dis ‘n baie spesiale tyd. Ek kan tot vandag toe onthou hoe ek en my ma langs mekaar op die bank gesit en sy my leer borduur het!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!