Woensdag 02 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 3

Die 31 dae uitdaging verloop nie sonder sy tande kry pyne nie, maar die eposse, terugvoering en kommentaar wat ek sover al ontvang het maak dit definitief die moeite werd. Dankie aan almal wat iewers al terugvoering gegee het, of dit nou per epos of op ons Facebook blad was. Elke een hou 'n spesiale plekkie in my inboks!

Ek moet immers self ook deel neem en gister toe ek begin drukkies uitdeel bly ons meisiekinders terug kom vir nog!



Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Ons dra ons opdragte van die vorige twee dae oor na vandag, so onthou om te glimlag vandag en gee ‘n drukkie te gee!

Opdrag vir Dag 3: “Ek is lief vir jou”

Vyf woorde, maar vir party mense is dit moeilik om te sê.

In ons huis is dit deel van die aand roetine. Pappa lees ‘n storie en ‘n Bybelstorie, dan gaan ek die jongste in die bed sit terwyl Pappa en ons oudste bid en in die bed klim, soms lê hy langs haar en dan gesels hulle totdat dit my beurt is. As ek langs ons oudste gaan lê sê ek altyd: “Lekker slaap, lief vir jou.” met ‘n soen op die voorkop. Haar antwoord “Lief jou meer mamma”

Net soos drukkies deur die dag in ons huis kies ek soms ‘n tydjie net om haar te verseker dat, maak nie saak wat, ek bly lief vir haar. Dis belangrik om te weet dat ons geliefd is, selfs al verdien ons dit nie! Dis juis wanneer ons dit die minste verdien wat ons dit die meeste nodig het om te hoor.


xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx


1 opmerking:

  1. Weet jy daar is niks lekkerder as om daardie woorde te hoor nie, dis waarom ek daarvan 'n punt gemaak het om dit elke dag vir my kind te se. Hy is nou al 10jr oud en steeds elke dag seker so 3 of 4 keer se ons vir mekaar ons is lief vir mekaar en drukkie ons mekaar gereeld, so die eerste drie dae se uitdaging was vir my 'n natuurlike ding! Wat vir my baie special is van my en Aidan se verhouding is saans voor ons gaan slaap gee hy my 'n soen en 'n druk, ons se vir mekaar nag en dan; love you to the moon and back and every star in between! Dis nou al ietsie wat deel van ons is en omdat ek 'n enkelmamma is; is dit hierdie spesiale oomblikke wat ek vir so lank ek kan wil koester want hulle se as hulle eers tieners is wil hulle nie sommer meer soen en druk en vir mamma se hy/sy is lief vir haar nie; veral nie in die openbaar nie! Dankie vir die 31 dae uitdaging, ek sien uit na elke dag.
    Mooi bly!

    AntwoordVee uit

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!