Woensdag 30 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 31




Donderdag, ons LAASTE DAG!

As jy deelgeneem het in meeste van die Uitdaging wil ek graag van jou hoor, ek wil graag ‘n paar blog inskrywings maak wat geskryf is deur mamma (of pappas) wat hulle ervaring van die uitdaging met ons deel. As jy graag een van hierdie blog inskrywings wil skryf en ‘n paar fotos deel laat weet my gerus via epos!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!

Opdrag vir Dag 31: Herinneringe!

Dis ons laaste dag saam en ek wil elkeen bedank wat saam hierdie uitdaging gedoen het!

Vandag gaan ons ietsie doen met al daardie foto’s wat julle geneem het van sommige van die opdragte en dit is:

Gaan julle foto’s deur van die afgelope 31 dae saam met jou kinders en laat hulle elkeen besluit wat hul gunsteling doen ding was, of watter van die aktiwiteite hulle graag weer of meer gereeld wil doen, maak dan ‘n plan met jou dagboek in die hand, skryf ‘n datum neer waarop julle sekere dinge weer gaan doen en hou daarby!

Dan, om die einde van die 31 dae Uitdaging te vier is daar nog ‘n kompetisie! CUM Boeke het ‘n boeke geskenk pakkie vir mamma (of pappa) geskenk in beide Engels en Afrikaans. Gaan na ons Facebook bladsy, daar sal ‘n inskrywing wees waar jy moet gaan deel watter aktiwiteit vir julle die heel lekkerste was. Die kompetisie begin 31 Julie en eindig Sondag aand die 3de Augustus om 22:00. As jy inskryf op die Afrikaanse Facebook blad staan jy ‘n kans om die Afrikaanse boek prys te wen en ‘n Engelse een op die Engelse Facebook blad! So maklik soos dit, gaan neem dadelik deel!

xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!