Donderdag 03 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 4





Dis Vrydag! Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Ons dra ons opdragte van die afgelope paar dae oor na vandag, so onthou om te glimlag vandag en gee ‘n drukkie en iewers deur die dag die woorde “ek is lief vir jou” in te werk!

Opdrag vir Dag 4: Skep ‘n nuwe gesins tradisie!

In ons huis is Vrydag trandisioneel – Fliek Aand! Dis die enigste keer elke week wat ons fliek kyk (ouderdoms gepas natuurlik en die klein mensie moet eers slaap!) 

Vrydagaande maak die koffie tafel pad vir die matras wat van bo af gesleep word tot voor die TV, ‘n groot bak springmielies word gemaak en daar lê ons op ‘n ry en kyk fliek.

Elke dag word daar gevra: “Watse dag is dit vandag?” “Dis Donderdag.” “Dan is môre Vrydag?!” En met ‘n gilletjie van plesier “FLIEK AAND!!!”

Tradisies is belangrik as ‘n gesin, dis ‘n kosbare tyd om saam deur bring en herinneringe maak, herinneringe wat jou kinders vir ewig sal by bly en hulle met hulle eie gesinne eendag sal voort sit, maak dit iets om na uit te sien! 



xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!