Vrydag 04 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 5





Saterdag, my gunsteling dag van die week en dis koud hier in die Weskaap! Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Ons dra ons opdragte van die afgelope paar dae oor na vandag, so onthou om te glimlag vandag en gee ‘n drukkie en iewers deur die dag die woorde “ek is lief vir jou” in te werk! 
 
Opdrag vir Dag 5: Bly in die bed!

As jy betyds hierdie opdrag kry, bly lê in die bed en nooi jou kinders om tussen julle te lê want dis koud daar buite! As dit nog vroeg is, klim terug in die bed, as dit nie meer vroeg is nie wanneer jy hierdie opdrag kry nie, gaan sit dan saam op die bank onder 'n kombers. 

Geniet mekaar se geselskap, hou 'n kussing geveg, lees saam 'n storie, drink warm sjokolade - net wat julle lekker vind.

Maar ek wil nie vir pappa op die tablet, mamma met die laptop en kinders lê en TV kyk sien nie - dit kwalifiseer glad nie as tyd saam nie! Wees kreatief en wanneer julle eendag op staan (of dit nou uit die bed of van die bank af is) kom vertel my wat julle alles so saam saam gedoen het!


xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!