Saterdag 05 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 6





Dis Sondag, 'n dag wat ek nog altyd beleef as gesinsdag.

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!

Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle!

Aangesien ons gister lui lekker saam deur gebring het gaan ons vandag bietjie meer aktief wees.

Opdrag vir Dag 6: Gaan stap.

Of jy nou om die blok stap en of jy nou ‘n dag daarvan maak en ‘n voetpad inslaan, dit maak nie saak nie. 

Gebruik die tyd om ‘n tydjie ‘alleen’ saam met elkeen van jou kinders te vat en te gesels oor die week wat verby is of die nuwe week wat voorl√™, of julle nou vooruit loop of agterna drentel.

Dis belangrik om as ‘n gesin saam aktief te wees, ek self het wonderlike herinneringe aan elke Sondag se stap, daar was iets spesiaals aan elkeen van daardie Sondae wat my steeds laat glimlag. 

En die nuwe week bring dalk 'n kompetisie met dit saam...


xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!