Sondag 06 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 7




Urgh! Maandag!!

Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle!

Maandae is meestal blou en almal is dol gejaag, so:

Opdrag vir Dag 7: Sit die musiek aan en dans!

Of jy nou die radio, ‘n CD of ‘n MP3 nader ruk, maak seker die musiek is opgewek, skakel dit aan en dans.

Dans alleen, dans saam met jou kinders, gryp jou man/vrou en maak ‘n draai om die vertrek, heng gryp die kat!

Die gedagte is om net die sorge en stress van die dag agter te laat, ‘n bietjie te lag, maar ook net ‘n bietjie weg kom van elke dag se selfde ou verveelige roetine.

As ons kinders musiek hoor soek hulle dadelik iemand se hande om vas te vat vir 'n dansie, pappa sinne word verkies. Ek het vir elkeen van ons kinders ‘n kort video gemaak van hoe hulle saam met hulle pappa dans – hierdie is herinneringe wat geld nie kan koop nie!



xxx

Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!

xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!