Dinsdag 08 Julie 2014

Julie Uitdaging - Dag 9





Woensdag, afdraende na die naweek toe!


Moenie bekommerd wees as jy uitgemis en nou eers by ons aansluit nie, val net in!


Onthou om aan te hou glimlag, gee ‘n drukkie en vertel iewers deur die dag vir jou kinders dat jy lief is vir hulle en luister!


Opdrag vir Dag 9: Krag Af Aand!


Hierdie is my man se gunsteling aktiwiteit, hy is kamp en onder die sterre slaap en toe trou hy met my! Arme man, hy en ons oudste kamp gereeld in die agterplaas terwyl mamma die dubbelbed vir haarself het!


Vanaand hou ons aarde uur sonder dat iemand dit afgekondig en weke lank bemark het! Ons gaan alles wat met elektrisiteit werk vir tenminste ‘n uur afskakel , dit beteken die tablet, selfoon en al daai dinge ook. En al is ons gewoond daaraan dat ons krag sommer so sonder waarskuwing afgaan en dan vir 2ure sit en stoom daaroor gaan ons hierdie keer vooruit beplan daarvoor en dit geniet!


Ons gaan by kerslig aandete eet, gesels en net lekker kuier sonder enige iets wat ons aandag aflei en hopelik maak julle ‘n meer gereelde tradisie daarvan, dan spaar ons sommer geld ook in die proses!


Aangesien ons klein kindertjies in die huis het is kerslig nie altyd so ‘n goeie idee nie, die dat ons ‘n groot voorraad “Solar Jars” het, elkeen van ons het een in die kamer en somersaande lyk ons stoep so:




Dis kompetisie tyd (die eerste van ‘n paar) en ek gee weg twee Consol Solar Jars saam met twee pakkies ‘glow sticks’ om julle toekomstige Krag Af Aande vol opwinding te maak! Gaan na hierdie bladsy, volg die reĆ«ls, lees die voorwaardes en skryf in!



xxx



Ek is mal daaroor om van julle te hoor, los 'n boodskap of stuur 'n epos (info@bybelklub.co.za) en vertel my hoe maklik of moeilik vandag se uitdaging vir jou was!



xxx

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!