Dinsdag 08 Julie 2014

Kompetisie / Competition

Kompetisie is klaar - wenner aangewys in Blog Dag 17

a Rafflecopter giveaway

17 opmerkings:

  1. Die oes is groot en die arbeiders min. Hierdie uitdaging skep die geleentheid om by ons eerste gemeente te begin en uit te suurdeeg na die res van die gemeenskap. Uitstekende geleentheid!

    AntwoordVee uit
  2. Dis so moeilik om die lekkerste uitdaging tot dusver te kies want almal is soooo belangrik maar as ek moet een kies sal dit dag 7 se opdrag wees - Sit die musiek aan en dans! Dis so lekker om net bietjie laf te raak. Die kinders geniet dit baie en bring sommer mamma & pappa se stresvlakke af!

    AntwoordVee uit
  3. Die daaglikse uitdaging het as 'n verassing gekom, maar beslis nie toeval nie, want dit is nie 'n woord wat in God se woordeskat bestaan nie.

    Dit is vir my lekker om weer my kinders se 'menswees' op te soek. Ons raak so gou besig met ons eie dinge. Ons skyf die uitdagings op die swartbord in die kombuis en hulle pas dit ook toe op hulle verhouding met mekaar. Selfs pappa word soms aangepraat! LOL. Dankie vir jou inisiatief en omgee vir kinders. Nx

    AntwoordVee uit
  4. My gunsteling was beslis die skep 'n nuwe tradisie. Dit was beslis 'n uitdaging want die kinders in die huis verskil omtrent 8jr so om iets te kry wat 'n 3 jarige kan doen en 'n 11 jarige steeds interessant vind was maar moeilik, om die waarheid te se ons is nog tussen speletjies aand (bingo) of movie night! Ons probeer maar sommer altwee en kyk wat werk die beste. Die 31 dae uitdaging is baie lekker en ons kan nie wag vir die volgende dag se uitdaging nie.

    AntwoordVee uit
  5. Ek dink dag 9 se krag af aand is ons gunsteling. Ons sit gewoonlik al die ligte af en pak die kerse uit op spesiale geleenthede (soos verjaarsdae) en die kinders is versot daarop. Dis duidelik tyd om dit meer gereeld te begin doen.

    AntwoordVee uit
  6. Sover geniet ons al die uitdagings. Dis egter nogal embarrasing as die kids ons verantwoordelik hou;-). My grootste uitdaging sover is dag 8 se 'luister'. Met 4 kinders asook n paar troeteldiere wat elkeen sy oomblik wil hê, is dit nogal 'n uitdaging as mens nog al die gewone dinge van die lewe ook moet aanpak. Die kinders moet dus hulle arm op my arm sit, dan kan ek onverdeelde aandag gee. Ek forseer myself ook nou om net vroeg soggens, oor middagete en saans na my boodskappe en e-mails te kyk. Hopelik help dit om my priorireite reg re kry.

    AntwoordVee uit
  7. Ek kies dag 10 meer tyd saam kids en leer hul om te kook

    AntwoordVee uit
  8. Dag 7 was my & my dogtertjie se gunsteling... Ons 2 is mal daaroor om saam te sing en te dans terwyl pappa met sy 2 linkervoete maar net vir ons sit en kyk. Maar daai paar minute van sing en dans laat jou sommer van al die negatiewe dinge vergeet en dit laat voel my altyd of ek vir 'n rukkie op my eie wolkie dans! Ons het dit altyd 'n paar aande in die week gedoen, maar nou's my dogtertjie so opgewonde en het sommer besluit dis iets wat elke aand gedoen kan word!!! Ek moet net byhou...!

    AntwoordVee uit
  9. Die lekkerste en maklikste uitdaging is die drukkie. Ek en my 2 kinders is gek oor drukkies. N drukkie vra nie n regte tyd nie. Enige plek, enige tyd. Ek is mal daaroor as my 2 jare dogtertjie regop staan in di trollie as ons inkopies doen en vir my sy "kikkie kikkie" (drukkie). Dan gryp sy my daar en dan en gewoonlik volg n soen na die onverwagse drukkie. N drukkie spreek boekdele, geen woorde is nodig. Zelda (zeldasjvr@gmail.com)

    AntwoordVee uit
  10. Glimlag! Klink eenvoudig, maar wanneer dinge begin stresvol raak, wanneer daar gemors, gebreek of nie geluister word nie, probeer glimlag. Dit is 'n toffie. Maar om te glimlag het my laat kalm raak, laat dink, en ek en die seuns (want hulle raak ook kwaad vir mekaar!) probeer glimlag voor ons reageer.
    Elize vd Merwe

    AntwoordVee uit
  11. Ek was mal oor dag 2(drukkies) se uitdaging. Daar is niks lekkerder as om te cuddle nie. Ons kinders geniet dit vreeslik as hulle op ons skoot kan kom sit en dan druk en soen hulle ons vreeslik. En dan natuurlik is dit vir hulle die lekkerste waneer ons klaar gecuddle het as ons hulle begin kielie. Ek is mal oor ons kinders!!

    Baie dankie vir die uitdagings, dis great fun!!
    Groete
    Lize Dowling
    lize.dowling@sbtsa.co.za

    AntwoordVee uit
  12. Dis moeilik om die lekkerste uitdaging te kies want almal is soveel pret, maar ek dink ek kies die drukkies. My dogter is amper 2 en baie vrygewig met drukkies en dan is daar sommer 'n lekker soen ook saam. Met heer 2 klein armpies om my nekkie, dan sê sy su druk my dood. My seuntjie is 5 en sê hy hou nie van sussie se soene nie want sy gee pap soene, maar mamma mag hom maar soen. Hy hou ook van drukkies gee en dan kom daar altyd 'n lief mamma saam. Hierdie is sulke kosbare oomblikke en geniet elke oomblik. Ek is baaaaie lief vir my wonderwerkies. Dankie Here vir die voorreg om ouers te kan wees.
    Dankie vir elke uitdaging, dit is groot pret en die kids geniet dit.

    AntwoordVee uit
  13. M. Gelderbloem15 Julie 2014 10:02

    Die een wat meer opwinding, die mooiste kinder glimlag bring... briefie in die pos. My dogtertjie is 7 en dis vir haar 'n WOW want sy kry ook iets in die pos. Ek kon die gelukkigheid, die opregte gelukkigheid van haar hart in haar oe lees. En vir my as enkel ouer is dit een van die beste geskenke ooit. Dat sy belangrik, gewaardeerd, geliefd voel en belangrikste van alles.. JESUS ag haar belangrik genoeg om iemand aan te wys om 'n brief vir haar te skryf

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hi M Gelderbloem, kan jy asseblief vir my jou epos adres stuur, hier plaas of epos my by info@bybelklub.co.za

      Ek wil seker maak dat jou inskrywing wel getel is aangesien ek geen melding sien van jou inskrywing op rafflecopter nie!

      Vee uit
  14. Mag ek "almal!!" kies?? As ek moet kies sal ek se die beurtkrag dag was ons gunsteling....

    AntwoordVee uit
  15. Ek post onder anoniem want ek kry dit op geen ander manier reg nie! Hoe moeilik is dit nie om uit iets wat so natuurlik moet kom ñ uitdaging van te maak! Ek en my dogtertjie kies dag 2! Gekombineer met skoenlapper soentjies om die nek drukkies en die mooiste woordjies ooit ek is lief vir jou! Dankie vir die wonderlike uitdaging! Moet byvoeg om die radio se knop op full blast te draai was great fun! Yvonne en Mila

    AntwoordVee uit
  16. Dag 10
    Yolanda
    ice555@live.co.za

    AntwoordVee uit

Ons is mal daaroor om julle idees oor artikels te lees!