Dinsdag 12 Mei 2015

Dis amper sulke tyd!



Dis nog so ongeveer 3 weke voor ons 'n gesin van vyf word. Die sussies (veral ou sus) is al so opgewonde, dalk is sy net so reg soos ek om klaar te wees met hierdie swangerskap hormone!

Maar ek word elke dag herinner presies wat 'n groot geskenk hierdie babatjies in ons lewe is. Die enorme verantwoordelikheid wat gepaard gaan met hierdie voorreg en hoe maklik ons dit alles as vanselfsprekend neem.

Neem vandag 'n oomblik saam met my om weer die Here te dank en te vra vir leiding op hierdie belangrike pad wat ons as ouers stap.

xxx
M

PS: Ek is steeds beskikbaar vir enige pakket bestellings, moenie die blog stilte as 'n aanduiding sien dat dinge stil staan agter die skerms nie! Kontak besonderhede nogsteeds info@bybelklub.co.za

Maandag 23 Februarie 2015

'n Jaar verby!



Dis hierdie week presies ‘n jaar vandat ek Bybelklub vir Kinders oorgeneem het. So baie dinge het gebeur in die afgelope jaar, beide goed en sleg. Daar was soveel drome en ideale met die oorneem van Bybelklub en soms in die aande as ek stil raak verloor ek moed oor nog nie een van daardie drome of ideale vervul is nie.

Die grootste gebeurtenis tydens hierdie jaar by Bybelklub was die 31 dae uitdaging wat gehou is. Die terugvoering was wonderlik, maar agter die rekenaar skerm het dinge heel skeef geloop. Veral my geloof is in hierdie tyd getoets.

‘n Jaar terug was ek die mamma van ‘n 4 (amper 5) jarige wat besig was om haar voete te vind en haar rol as ousus met ‘n paar harde lesse te probeer vervul. En ‘n baie afhanklike 1 jarige wat elke 2 ure deur die dag wou borsvoed, besig was om te veg vir haar plekkie in ons huis en al die dinge nog moes leer wat baie tyd en aandag verg.

Ek het geweet dat dinge eendag beter gaan wees, dat ek weer tyd gaan hê vir al die dinge wat vir my belangrik is en net soos daardie tyd begin aanbreek het – die tyd waarin ons 5 jarige ‘n goeie ousus geword het en die twee dogtertjies mekaar ure lank kan besig hou en my 2 jarige my nie meer so nodig het nie – skop daar nou ‘n baba boetie vir twee sussies binne my, ‘n geskenkie van bo.

En weereens besef ek dat daar dalk nog ‘n jaar voorlê waarin dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat ek dit sou wou hê nie. Tog is my hart oorvol want ek weet nou dat wat ek dink goed is en wat die Here vir my en my gesin beplan het kan dalk twee heel verskillende dinge wees!

Ek gaan biddend voort op die pad. Soms voel ek ‘n diep behoefte om ‘n paar woorde of ‘n gedagte te deel wat in my hart rond bons en as dit Sy wil is gee Hy my dan die tydjie wat nodig is om hierdie woorde neer te pen. Maar soos dit in die Bybel geskryf staan is my prioriteite baie duidelik uiteengesit.

My God, my man, my kinders en dan die res. Sommige dae vat daardie drie goed al my tyd in beslag en selfs op daardie dae wat ek nie eers by die skottelgoed uitkom nie weet ek, dis reg, dis goed. Want ek kan dit sien in my hart, in my huwelik en in my kinders se oë, maar dit is so teenstrydig met wat die wêreld vir my wil vertel is belangrik.

Ek het baie lank gesukkel met die idée van “me time”. Hoe harder ek gesoek het daarna hoe minder het ek dit gevind. “Maar wat van my, wanneer kry ek ‘n kansie, wanneer kan ek doen wat ek ‘n slag wil doen.” Ek ek ek. Ooh die selfsug wat ek nou in daardie vrae raak lees, want ek weet nou, as my prioriteite reg en in orde is en alles en almal se behoeftes na omgesien is, dan kry ek rus, maar dis nie in die dinge wat die wêreld sê nie, as ek die wêreld se dinge na streef voel ek gewoonlik nog meer uitgeput as vantevore.

Rus word gevind aan die voete van die Here. Tyd vir my is daar wel as ek my siel verkwik met ‘n tydjie elke dag biddend en in die Woord. En as ek dit elke dag doen en dan in almal se behoeftes voorsien, soms, wanneer ek dit die meeste nodig het is daar ‘n warm bad en ‘n boek wat wag na ‘n lang dag!

Dinsdag 13 Januarie 2015

Die tweede gebod.



Ek is lanklaas so uit die veld geslaan soos toe ek ‘n paar jaar gelede vir ons oudste (en op daardie stadium enigste) ‘n paar boekies gekoop het.

Die boekie gaan oor die Tien Gebooie en verduidelik dit sodat selfs kleintjies dit beter kan verstaan, maar toe ons by die tweede gebod kom slaan my asem weg.

“Jy mag naas My geen ander gode hê nie.” Eksodus 20 vers 3

As kind is hierdie gebod altyd aan my verduidelik as ‘n beeld wat gemaak word wat mense dan aanbid. Ek het altyd gedink ek is redelik veilig wat hierdie gebod aan betref want daar is geen beelde in ons huis wat ons aanbid nie.

Maar hierdie boekie gaan aan om die woord aanbid te verduidelik * “Om iets te aanbid, beteken ons vul ons gedagtes en ons harte daarmee, en dit vat baie van ons tyd.”  Dat ons God bo alles en enige iets anders moet lief hê en dat niks vir ons so belangrik moet wees soos ons verhouding met Hom nie.

Die boekie is bedoel vir kinders, die voorbeelde wat hulle gebruik van dinge wat ons soms belangriker ag as ons verhouding met God is eenvoudig, speelgoed, maatjies, TV…

Skielik slaan dit die wind uit my seile. Hoeveel dinge stel ek self bo my verhouding met God? Ipad, Sosiale media, TV, werk, rekenaar spelletjies, huis skoonmaak.

Ek self slaan sommige oggende Godsdiens oor omdat daar ‘belangriker’ dinge is wat my aandag verg, of ek is net te moeg want ek het te laat gaan slaap omdat ek besig was met dinge wat ek belangriker ag as my stilte tyd.

Wat vul elke dag jou gedagtes? Waaraan spandeer jy elke dag die meeste van jou tyd?

‘n Vriendin op my Facebook bladsy het gister ‘n interesante vraag gevra na aanleiding van onlangse gebeure in die wêreld en ek sluit hierdie blog inskrywing hiermee af: As jy gearresteer word vir ‘n Christen wees, sal daar genoeg bewyse wees om jou skuldig te bevind?

 xxxM

*Gedeelte geneem uit die boek Die Tien Gebooie vir Kleingoed deur Allia Zobel Nolan

Donderdag 08 Januarie 2015

Dinge van 'n Ma

Hierdie woorde het my so paar dae terug diep getref en ek deel dit graag met almal.

xxx M


“I am sadly concerned that thousands of mothers are so over-burdened that the actual demands of life from day to day consume all their time and strength. But of two evils, choose the lesser: which would you call the lesser–an unpolished stove or an untaught boy? Dirty windows, or a child whose confidence you have failed to gain? Cobwebs in the corner, or a son over whose soul a crust has formed, so strong that you despair of melting it with your hot tears and fervent prayers?
I have seen a woman who was absolutely ignorant of her children’s habits of thought, who never felt that she could spare a half-hour to read or talk with them–I have seen this woman spend ten minutes in ironing a sheet, or forty minutes icing a cake for tea, because company was expected.
When the mother, a good orthodox Christian, shall appear before the Great White Throne to be judged for the “deeds done in the body,” and to give her report of the master’s treasures placed in her care, there will be questions and answers like these:

“Where are the boys and girls I gave thee?”

“Lord, I was busy keeping my house clean and in order, and my children wandered away.”

“Where wert thou while thy sons and thy daughters were learning lessons of dishonesty, malice and impurity?”

“Lord, I was polishing furniture and making beautiful rugs.”

“What hast thou to show for thy life’s work?”

“The tidiest house, Lord, and the best starching and ironing in all our neighborhood!”

Oh these children, these children! The restless eager boys and girls whom we love more than our lives! Shall we devote our time and strength to that which perishes while the rich garden of our child’s soul lies neglected, with foul weeds choking out all worthy and beautiful growths? Fleeting indeed, O mother, are the days of childhood, and speckless windows, snowy linen, the consciousness that everything about the house is faultlessly bright and clean will be poor comfort in that day wherein we shall discover that our poor boy’s feet have chosen the path that shall take him out of the way to all eternity.”

–Author Unknown