Ons visie

Ons glo in die drie eenige God.  Vader, Seun en Heilige Gees.  Ons glo God is 'n God van liefde en ons wil die Liefde wat God vir ons het oordra aan ons kinders.  Die reeks aktiwiteite en stories het ontwikkel uit die behoefte om vir ons kinders te leer dat God 'n groot en almagtige Vader en Vriend vir ons is.  Ons hoop is dat almal die pakke sal geniet en dat die kleinspan sal leer hoe lief God hulle werklik het!